Meer oor Westfert

Om lewe by te voeg was die broers Chris en Pieter Burger se doelwit sedert hulle die oorspronklike Vetrivier-Boeredienste in die Hoopstad-distrik in die Vrystaat gevestig het. Ná hul opleiding aan die Potchefstroom-landboukollege het die broers begin werk daaraan om hul droom te verwesenlik om boere te help met die produkte wat nodig is om sukses te behaal.

Sedert hy sy broer in 1999 verloor het, het Pieter ter nagedagtenis aan sy broer aangehou om lewe by te voeg – ook by die maatskappy. Nadat hy ’n behoefte vir voorskrif-vermengings van kunsmis geïdentifiseer het, het Pieter begin om die rou elemente aan te koop wat nodig is om kunsmis voor te berei volgens elke boer se unieke grondbehoeftes. Vandag staan die maatskappy as Westfert bekend en daar is nog baie planne om lewe by te voeg by hierdie merkwaardige landbou-diensverskaffer. Westfert se nuwe Hoopstad-vermengingsaanleg sal die maatskappy se vermoë vergroot en ook aan boere stoorgeriewe verskaf. Die aanleg sal ook werksgeleenthede skep, wat weer tot ’n oplewing in die plaaslike gemeenskap sal lei.

Westfert werk saam met onafhantlike grondkenners by SGS Nvirocrop as deel van die voorbereiding van produkte vir elke kliënt se unieke behoeftes. Om te lewe beteken ook om aanpasbaar te wees en daarom is Westfert trots op sy vermoë om innoverend te wees en met nuwe oplossings vorendag te kom vir elke uitdaging. Westfert is nie ’n kunsmisverskaffer nie, maar eerder ’n probleem-oplosser wat berekende risiko’s neem om potensiaal te ontsluit. Ons fokus is op wat gebeur onder die grondoppervlak. Die lewe wat by die wortels gevoeg word, bepaal die sukses van die vrugte, of in hierdie geval die oorvloed van die oes.

Net soos sy produkte, is Westfert se filosofie ook ’n unieke vermenging van tradisionele waardes en ’n konserwatiewe benadering van respek teenoor mense en terselfdertyd die nuutste tegniese verwikkelinge in die kunsmis-bedryf.

Die Westfert Visie
  • Ons visie is om lewe toe te voeg … adding life!
  • Om die mees effektiefste verskaffer van essensiële voedingstowwe vir gewasse te wees.
  • Ons is toegewyd om maniere te vind om ons kliënte te help dat hul boerdery en besighede groei.
  • Ons streef om lewe toe te voeg in alle gemeenskappe waar ons betrokke raak.

 

Die lewe en landbou is albei toekomsgerig. Dit is nie net van toepassing op die praktiese arbeid en besluitneming wat nodig is om suksesvol te boer nie, maar ook op die families en gemeenskappe wat betrokke is. Westfert voeg lewe by grond en gewasse, maar die maatskappy voeg ook hierdie passie vir groei en volhoubaarheid by sy verhouding met kliënte. Die ontwikkeling en behoud van ’n verhouding verg dieselfde toewyding en vaardighede as wat die tegniese proses vir die ontwikkeling van ’n kunsmis-oplossing behels.

Dieselfde benadering word ook gevolg wanneer Westfert lewe voeg by die gemeenskappe waarby die maatskappy betrokke is. Om terug te ploeg beteken om te belê in skole sodat ’n nuwe geslag kan groei in die vrugbare grond wat nodig is om suksesvol te wees.

Deur lewe by te voeg, in die begin van die siklus, stel Westfert in staat om die opbrengs van jou oes te beïnvloed. Hierdie oes voed weer die gemeenskap, wat Westfert in staat stel om verder te groei. Om lewe by te voeg, voed die kringloop van die lewe.

Ons Span

Westfert se toegewyde en gemotiveerde span is daarop gefokus om jou te voorsien van die raad, oplossings en produkte wat jy nodig het om voorspoedig te wees, asook om te bou aan ’n langtermyn-sakeverhouding wat gebaseer is op respek, vertroue en integriteit.

Hoofkantoor - Hoopstad

Team-member

Pieter Burger

Bestuurder
Team-member

Willem de Waal

Kunsmis
Team-member

Neul Menezes

Kunsmis
Team-member

Flip Tait

Kunsmis
Team-member

Riaan Vorster

Koöperasie Verteenwoordiger
Team-member

Jakobus de Wet

Produksie
Team-member

Jaco Myburgh

Admin

Mpumalanga Tak

Team-member

Paul Britz

Verkope: Biominerale
Team-member

Jaco Spies

Verkope: Westfert
Team-member

Francois Joubert

Produksie
Team-member

Chane Britz

Admin

Adding Life

Met Westfert se voorskrifmengsels formuleer ons tegniese- en verkoopspan van Westfert produkte wat koste effektief, optimale opbrengs oplewer.