Westfert Kunsmis

Die Wêreldvoedsel behoefte bly groei en dit bly 'n uitdaging om die wêreld te kan voed!

Gewasse word verbou maar teen ‘n stadiger pas as wat die verwagte aanvraag is. Die opbrengs per hektaar kan slegs verhoog word deur nuwe tegnologie te gebruik en met verhoogde toediening van voedingstowwe. Beter bemestingstegnieke sal die opbrengs en beskikbaarheid van gewasse oor die hele wêreld verbeter.

Westfert verskaf nie net kunsmis aan sy kliënt nie , maar bied ook in samewerking met onafhantlike grondkundige dienste die beste opsies vir elkeen se spesifieke behoeftes. Met voorskrifmengsels poog WESTFERT om vir elke klient die moontlikheid om sy oes optimaal te bemes.

Grondstowwe wat in ons mengsels gebruik word sluit in Stikstof-, Fosfaat- en Kalium-basis produkte :

Stikstof-basis produkte:

  • Ammonium sulfaat
  • Kalsium ammonium nitraat (CAN)
  • LAN / KAN
  • Uream
  • Ureuminhibeerders

Fosfaat-basis  produkte:

  • Monoammonium phosphate MAP

Kalium-basis produkte:

  • Kaliumsulfaat
  • Kaliumchloried
  • Kaliumnitraat

Opsionele Toevoegings

  • Sinksulfaat
  • Mikroelemente (opsioneel)

Voorskrifmengsels

Ons voorskrifmengsels word volgens die kliënt se spesifikasie geformuleer, gemeng en gelewer. Met die grondkundige analise en tipe gewas wat aangeplant word as riglyn, word ‘n voorskrifmengsel geformuleer om die gewas optimaal te ondersteun, en tekorte in die grond aan te vul.

Met hierdie voorskrifmengsels formuleer ons tegniese- en verkoopspan van WESTFERT produkte wat koste effektief, optimale opbrengs oplewer.


Ons hoogste prioriteit bly ons jarelange goeie verhouding met ons kliënt, die boer. Ons streef om die beste diens te bied te alle tye.

Preplant mengsels

Westfert formuleer, meng en lewer die korrekte pre-plant korrelmengsel volgens elke kliënt se spesifikasie en voorkeur.

Ons formuleer slegs korrels in die regte verhouding om so die nodige voedingstowwe te verskaf wat in lyn is met die behoeftes van die grond en die gewas wat aangeplant gaan word. Westfert  se korrel pre-plant mengsels is hoofsaaklik gebasseer op UREUM of Ammonium Nitraat  as stikstofbron.

Die preplant voorskrifmengsels is ideal om stikstof in die grond neer te lê voordat daar geplant word, met gemoedsrus dat die stikstof wat ingesit is nie sal “verdwyn” in die grond nie.

Westfert het sy eie opbergings- en mengfassiliteit in Hoopstad wat baie sentraal geleë is in die belangrikste graanproduksie area van Suid-Afrika. Ons kan beslis voorsien in die boer se behoeftes soos benodig. Kontak gerus een van ons Tegniese en Verkoopspan om meer uit te vind oor spesifieke produkte wat u spesiale behoeftes kan aanspreek.

Plantmengsel

Westfert formuleer, meng en lewer die korrekte plantmengsel volgens elke kliënt se spesifikasie en voorkeur.

Ons formuleer slegs korrelmengsels in die regte verhouding om so die nodige voedingstowwe te verskaf wat in lyn is met die behoeftes van die grond en die gewas wat aangeplant gaan word. Westfert  se korrel plantmengsels is hoofsaaklik gebasseer op Ammoniumnitraat  as stikstofbron.


Westfert het sy eie opbergings- en mengfassiliteit in Hoopstad wat baie sentraal geleë is in die belangrikste graanproduksie area van Suid-Afrika. Ons kan beslis voorsien in die boer se behoeftes soos benodig. Kontak gerus een van ons Tegniese en Verkoopspan om meer uit te vind oor spesifieke produkte wat u spesiale behoeftes kan aanspreek.

Standaard Mengsels

Hoe die korrelproduk benoem is:

BV:  4.3.4 (40)Zn + S

  • Die  4.3.4 is die verhouding van Stikstof (N) : Fosfaat (P) : Kalium (K).
  • Die getal in die hakkies , 40 in die geval , is die  totale % of aktiewe Stikstof, Fosfaat en Kalium.
  • Om die  % N te bereken tel jy die  4+3+4=11 bymekaar en deel die 4  deur 11 vermenigvuldig met 40 , so die  N% is 14.5%.
  • Die P % is 3 gedeel deur  11 vermenigvuldig met  40 = 10.9% ens.
  • Die  Zn staan vir Spoorelemente wat bygevoeg word in die mengsel met spesiale gipsgranules gypsum granules. Op hierdie stadium kan mikroelemente ooktoegevoeg word.
  • Die S staan vir Swael wat in die mengsel teenwoordig is .

Standaardprodukte - lys :
Westfert formuleer vir die boer se gerief ‘n reeks standaard kunsmis mengsels wat dadelik beskikbaar is, en nie eers spesiaal vermeng hoef te word nie.

Hierdie standaardprodukte dek ‘n wye behoefte en kan meestal aan die boer se behoefte en die gewas wat aangeplant word toegedien word.

2.1.0 (30) + Zn
2.3.2(35) + Zn
2.3.4 (38) + Zn
3.1.0 (29) +Zn
4.2.1 (32) + Zn
6.2.1 (31) + Zn

Waar is die produkte beskikbaar?

Suidwes - Kliek hier vir kontak en tak inligting
Senwes - Kliek hier vir kontak en tak inligting

Laai PDF dokument af van berekeninge


Adding Life

Westfert voeg lewe by grond en gewasse, maar die maatskappy voeg ook hierdie passie vir groei en volhoubaarheid by sy verhouding met kliënte. Die ontwikkeling en behoud van ’n verhouding verg dieselfde toewyding en vaardighede as wat die tegniese proses vir die ontwikkeling van ’n kunsmis-oplossing behels.