Ander Produkte van Vetrivier Boeredienste

Vetrivier Boeredienste het aanvanklik begin met die verskaffing van diesel en gas direk aan die boer. Die verskaffing van Westfert Kunsmis, Diesel en Gas het gelei tot 'n geïntegreerde diens wat ons aan ons kliënte kan bied.

Gas

Ons is jarelange agente en verskaffers van AirLiquide Gas. Die gas word vir instandhouding van alle masjienerie aangehou.

 

Ons Produkte

  • Suurstof 14 kg
  • Teral (CO2) 17.5 kg
  • Acetylene 7.2 kg

Ons bied die kliënt die diens dat hy die gassilinders en hervulling deur Vetrivier Boeredienste kan doen.

Diesel

Diesel vorm die tweede grootste diens van Vetrivier Boeredienste aan die boer.

Lewering van Sasol lae swael diesel (50ppm) direk aan die boer op sy plaas word daagliks gedoen en ons is net 'n oproep ver ! Ons depo is in staat om volumes te stoor dat die wagperiode vir bestellings minimaal is. Bestellings word geplaas vir hoeveelhede tussen 4880 en 34000 liter. Ons hou ons kliënte ingelig oor prysstygings en marktendense sodat hulle vroegtydig bestellings kan plaas.

Aflewering word gedoen in Hoopstad en omliggende areas wat insluit: Bultfontein, Makwassie, Bloemhof, Wesselsbron, Hertzogville en Bothaville.

Biominerale (Veevoerfabriek)

Biominerale - produseer fosfaat en vervaardig veelekke by die Wonderfontein perseel in Mpumalanga. Biominerale vorm deel van die uitgebreide diens wat Westfert lewer. Vir meer inligting en 'n volledige lys van veelekke - kan u die webwerf besoek : www.biominerale.co.za

e-pos : admin@biominerale.co.za

Tel: +27 476 3714 (Paul Britz)


Adding Life

Westfert se toegewyde en gemotiveerde span is daarop gefokus om jou te voorsien van die raad, oplossings en produkte wat jy nodig het om voorspoedig te wees, asook om te bou aan ’n langtermyn-sakeverhouding wat gebaseer is op respek, vertroue en integriteit.