Hoe jou landerye voordeel kan trek met Westfert

Min dinge in die lewe is meer bevredigend as om die vrugte van jou arbeid te sien. Elke siklus word gekenmerk deur ’n unieke ervaring: Ryk, donker grond wat deur ’n ploeg omgedolwe word voor die plantseisoen; die reuk van reën op bewerkte landerye; die vreugde van die eerste heldergroen blaartjies wat deurbreek na die oppervlak; die skouspel van welige gewasse wat sterk groei; die bevrediging van stram spiere gedurende oestyd; en die vervulling van oestydvieringe saam met geliefdes. Om naby aan die aarde te leef, maak jou bewus van hoe kosbaar lewe is en hoeveel inspanning en versigtige beplanning dit verg om lewe te koester en te bewaar.

Westfert werk saam met jou om lewe by te voeg. Ons ontwikkel ons kunsmis-oplossings met dieselfde sorg as waarmee jy na jou oes kyk. Westfert-kunsmis word gemeng vir die spesifieke behoeftes van elke boer. Elke aspek gedurende elke siklus word in berekening gebring wanneer die chemiese formule vir ’n kliënt saamgestel word. Ons doelwit is om ons kliënte van die beste moontlike groei te verseker terwyl ons terselfdertyd die natuurlike hulpbronne hanteer met die respek wat dit verdien.

Lees meer

Westfert Waardes

Integriteit Ons doen besigheid met integriteit

Westfert kan vertrou word. Ons werk as vennoot met respek en vertroue saam met die boer, ons kliënt om vir hom die beste moontlike kunsmis opsies voor te stel.

Spanwerk Ons werk saam vir sukses

Ons aanbevelings word nooit individueel gedoen nie - ons kyk na die hele prentjie om 'n totale bemestingsplan voor te stel. Wanneer daar beproewings soos droogtes en verswakte ekonomie opduik, help ons die kliënt om oplossings te kry vir sy spesifieke behoeftes. Ons span werk saam om vir die boer die beste prys, kwaliteit en diens te bied, maak nie saak hoe groot of klein sy boerdery is nie.

Entrepeneurskap Westfert is nie nougeset in hul denkwyse

Ons bly dinamies en behou die entrepreneur kultuur waarmee Westfert begin het. Westfert bemagtig sy span om kreatief probleme te kan oplos en om binne ‘n gestruktureerde ondersteunings netwerk , hul beste vir die kliënt te kan bied. Ons is gewillig om nuwe idees te ondersoek en bly op hoogte met navorsing in die bedryf.

Aanspreeklik Jy kan op ons staatmaak

Ons volg te alle tye die regte keuse vir ons kliënt en ons neem verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir al ons aksies.

Uitnemendheid Ons streef na uitnemendheid

Ons streef te alle tye na uitnemendheid in alles wat ons doen. Ons is verbind tot ons kliënte, verskaffers , ons gemeenskap en die natuur. Ons streef daarna om beter as ons beste te doen.

Adding Life

Ons formuleer slegs korrelmengsels in die regte verhouding om so die nodige voedingstowwe te verskaf wat in lyn is met die behoeftes van die grond en die gewas wat aangeplant gaan word. Westfert  se korrel plantmengsels is hoofsaaklik gebasseer op Ammoniumnitraat  as stikstofbron.